Die dood van nog ‘n 20-jarige student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) word ondersoek nadat haar liggaam Dinsdag in haar koshuiskamer gevind is.
Aafje Botma, polisiewoordvoerder in die provinsie, het bevestig Mmathabo Cornelia Sesinyi se liggaam is Dinsdag gekry.
Louis Jacobs, woordvoerder vir die NWU, sê in ‘n verklaring die student se naasbestaandes is reeds in kennis gestel van haar dood en dat van haar familielede reeds saam met die polisie op die toneel was.
Sesinyi was ‘n BA-Kommunikasiestudent aan die universiteit.
Meer inligting is nog nie bekend nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



