Man gehang vir sy misdade

Kato het in 2008 met sy vragmotor in ’n skare voetgangers ingeploeg.

Foto: BBC

Die 39-jarige Tomohiro Kato wat skuldig bevind is daaraan dat hy sewe mense in Tokio Japan doodgesteek het, is tereggestel.

Kato is Dinsdag volgens die NHK gehang vir sy misdade 14 jaar gelede.

Kato het in 2008 met sy vragmotor in ’n skare voetgangers ingeploeg.

Nadat hy drie mense doodgery het, het hy uit sy vragmotor geklim en sewe mense met ’n mes gesteek, insluitend ’n man wat hy net oomblikke tevore omgery het.

Vier mense is doodgesteek, terwyl agt gewond is.

Hy is op die toneel deur die polisie aangekeer en het later sy misdade in sy verhoor erken. Kato het die misdaad toegeskryf aan sy woede wat deur aanlyn boelies veroorsaak is.

Die misdaad het destyds ’n groot debat in die Japannese samelewing ontketen oor lukrake moorde, aanlyn invloede en die mislukkings in geestesgesondheidsondersteuning vir jongmense.

In een aanlyn boodskap sowat 20 minute voor die aanval het die polisie gesê dat Kato geskryf het: “Dit is tyd.”

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.