‘n Vermeende dief in die Parkgate-omgewing van KZN het probleme gekry nadat ongeveer 30 mense bymekaargekom het om hom ‘n wrede pak slae te gee.
Die 20-jarige verdagte het glo Sondagoggend ‘n vrou se handsak gesteel en probeer om van die toneel te ontsnap. Nadat hy egter op heterdaad betrap is, het ‘n aantal plaaslike inwoners hom agternagesit.
Hulle het hom uiteindelik grond toe gesleep en die goedere teruggekry. ‘n “Pistool” wat aan die vermeende dief behoort, het intussen ‘n speelgoedreplika blyk te wees.
Ontwapen en verneder, het die vermeende misdadiger hom toe aan die verkeerde kant van boendoegeregtigheid bevind.
Volgens Reaction Unit South Africa (RUSA) het die skare gekla dat hulle keelvol was vir toenemende misdaad in die gebied en het die verdagte se bloed gesoek.
Beamptes wat op die toneel gekom het, het die vermeende dief ‘n erger lot gespaar.
Bronne: MSN, The South African, Flipboard
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: ‘Lewensredder’ hommeltuig red 14-jarige op strand in Spanje