Verdagtes skuldig aan mensehandel

Die vier is van mensehandel beskuldig ná hul arrestasies in Junie en Julie.

Foto: Middelburg Observer

Twee van die vier verdagtes wat in Junie en Julie in hegtenis geneem vir menshandel is skuldig bevind.

Cornelis Johannes Uys (60), Cornelis Johannes Albertus Uys (23), Carlos Bernardo Guambe (34) en Gabriel Bernardo Guambe (32) het op Maandag 27 Julie in die Belfast-landdroshof verskyn.

Carlos Bernardo Guambe en Gabriel Bernardo Guambe is op 25 Julie tot drie maande gevangenisstraf of ‘n boete van R5 000 elk vir die oortreding van die Immigrasiewet gevonnis.

Die vier is van mensehandel beskuldig ná hul arrestasies in Junie en Julie.

Hulle is in hegtenis geneem kort nadat die Nelspruit-gebaseerde Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan, blitspatrollie, Departement van Arbeid en Binnelandse Sake 39 slagoffers, waaronder sewe vroue, nege kinders onder die ouderdom van vyf en 23 mans, almal ouer as 18 jaar oud op ‘n plaas op Dullstroom gevind het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.