‘n Tienerseun is laat Saterdagmiddag dood toe ‘n Jeep op ‘n grondpad naby Rustenburg gerol het.
Volgens ER24 is die 15-jarige seun op die toneel op die Maanhaarrand-grondpad dood verklaar.
“ER24-paramedici was omstreeks 17:35 op die toneel waar die familie ook was. Daar is pogings aangewend om die seun met gevorderde lewensondersteunende intervensies by te bring, maar hy is op die toneel dood verklaar.
‘n Pasiënt in sy 30’s, wat ligte beserings opgedoen het, is na die hospitaal geneem vir behandeling.
Die toneel is aan die polisie oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



