‘n Robot het sy sewejarige opponent se vinger tydens ‘n skaakwedstryd in Rusland gebreek.
Skokkende beeldmateriaal wys hoe die robot net skielik die seun se vinger gryp en dit breek voor volwassenes hom kon help.
Volgens die Russiese nuusagentskap Tass het die voorval tydens die Moscow Chess Open op 19 Julie gebeur.
Sergey Lazarev, president van die Moscow Chess Federation, het aan Tass gesê die robot is vir die kompetisie gehuur.
“Ons het die robot gehuur. Die robot is al baie lank in baie plekke uitgestal.”
Hy vertel die seun moes ‘n skuif maak, waarna hy moes wag vir die robot om te “antwoord”. “Maar die seun het hom aangejaag en die robot het hom gegryp.”
Die seun het die volgende dag die toernooi met sy hand in gips klaargemaak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



