Babawalvis spoel uit op strand in Oos-Londen

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Babawalvis het Sondag op die Nahoon-strand in Oos-Londen uitgespoel.

Die Buffalo City-metro het Sondag ‘n kennisgewing uitgereik waarin hy sê Nahoon Beach, Nahoon Point en Nahoon Corner is toegemaak na die walvis daar gekry is.

Die metro het ook ‘n beroep gedoen op strandgangers om nie aan die walvis te raak of stukke af te sny nie, omdat die walvis siektes kan dra en Suid-Afrikaners volgens wet ook nie in besit mag wees van stukke van ‘n walvis nie.

Die voorval kan moontlik haai-aktiwiteite aanwakker.

Die metro sê beamptes sal die situasie monitor en oor die volgende paar dae ‘n besluit neem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel