Die Tshwane-metropolisie het Vrydagaand ‘n sangoma en twee van sy trawante in hegtenis geneem na hulle glo op heterdaad betrap is toe hulle grafte in ‘n begraafplaas opgegrawe het.
Die Tshwane-metropolisie het Vrydagaand inligting van die sekuriteitsbeamptes by die begraafplaas ontvang oor persone wat besig was om grafte op te grawe.
Die metropolisie het vinnig opgetree en die drie verdagtes binne-in ‘n graf by die begraafplaas gekry.
Die verdagtes kon nie verduidelik waarom hulle in die graf was of waarmee hulle besig was nie, en het ook glo probeer om die beamptes met R1 500 om te koop.
Hulle is in hegtenis geneem op aanklagte van die oortreding van begraafplaas-regulasies, opsetlike beskadiging van eiendom en omkopery.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



