Die bekende Game of Thrones– en Aquaman-akteur Jason Momoa was oor die naweek in ‘n botsing reg van voor met ‘n motorfiets betrokke.
Volgens TMZ is niemand tydens die ongeluk ernstig beseer nie.
Momoa was in sy motor toe die motorfietsryer in die akteur se baan ingery het en sy motorfiets reg van voor teen die motor gebots het.
Die motorfietsryer het ligte beserings opgedoen, maar die 42-jarige Momoa het geen beserings opgedoen nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



