Springbok glo agter met onderhoudsgeld

Deel hierdie storie / Share this story

Die Springbok-haker, Bongi Mbonambi, is glo in die moeilikheid oor agterstallige onderhoud.

Mbonambi het glo die afgelope 12 jaar geen onderhoud vir sy dogter betaal nie.

Die ma, Koketso Matlala, het aan The South African gesê sy en Mbonambi was in 2010 in ‘n kort verhouding.

Volgens Matlala het Mbonambi eers ontken dat die dogter syne is, maar bloedtoetse het bevestig dat dit wel sy kind is.

Mbonambi is glo in 2019 deur ‘n hofbevel gemaan om maandeliks ‘n bedrag van R5 250 te betaal. Die bedrag moet jaarliks verhoog word.

Mbonambi het verlede Saterdag sy 50ste wedstryd vir die Springbokke teen Wallis gespeel.

Mbonambi is intussen met Anastacia getroud en hulle het ‘n babadogterjie.