Suid-Afrikaners is woedend oor ‘n video wat wys hoe ‘n man, wat na bewering ‘n werknemer van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) is, ‘n dooie luiperd herhaaldelik klap.
In die video wat Woensdag gedeel is, kan gesien word hoe ‘n man die luiperd klap terwyl ander toekyk.
“Jy sal jouself net seermaak, aangesien die dier reeds dood is,” kan ‘n ander man gehoor word.
Die luiperd is vandeesweek doodgemaak nadat hy Sondagoggend ‘n werknemer van die Shalati-konsessie in die Krugerwildtuin aangeval het terwyl hy op pad werk toe was.
Volgens SANParke se verklaring het die werknemer die luiperd beveg en hulp ontbied, maar die dier het in die bos verdwyn.
“Die beseerde werker is na ‘n dokter gehaas vir behandeling. Hy het diep snywonde en trauma opgedoen, maar die beserings is nie lewensgevaarlik nie,” het SANParke gesê.
Die dooie luiperd is na die staatsveeartse vir ‘n nadoodse ondersoek geneem.
SANParke het ‘n ondersoek van stapel gestuur om die oorsaak van die ongewone gedrag deur die luiperd te bepaal.
Bronne: MSN, The South African, The Citizen
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: 6 leeus van kant gemaak na hulle minstens 6 koeie in KZN vang



