Collins Chabane-munisipaliteit se burgemeester vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het hul 72-uur-plan geaktiveer ná die moord op die Collins Chabane-munisipaliteit se burgemeester.

Drie verdagtes het glo Donderdagaand die huis van die 56-jarige Moses Maluleke binnegegaan en geld geëis.

Toe Maluleke en sy seun nie gehoor gee nie, is hulle geskiet.

Maluleke is op die toneel dood terwyl sy 18-jarige seun in die hospitaal aansterk.

’n Saak van moord en poging tot moord is geopen.

Bronne: MSN, The South African, eNCA

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Oekraïne: bom ontplof by Kharkiv-busstasie