Brad Pitt het Dinsdag ’n Berlynse vertoning van sy komende rolprent, Bullet train, met ’n bruin romp bygewoon.
Brad het die bruin romp saam met ’n ligte pienk hemp en stewels gedra.
LEES OOK: FiND iT haal 2 miljoen in Julie!
Hy het glo aan ’n verslaggewer van die Associated Press gesê, toe hy gevra is waarom hy ’n romp dra: “Die briesie, die briesie!”
Dit was glo 32 grade Dinsdag in Duitsland se hoofstad.
Wat dink jy van sy uitrusting?
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



