Drie mans skok terwyl hulle kragopwekker herstel

Deel hierdie storie / Share this story

Drie mans het Woensdagmiddag 20 Julie ernstige beserings in Alberton, Gauteng opgedoen tydens werk aan ‘n kragopwekker. Die voorval het by ‘n plaaslike winkelsentrum plaasgevind.

Volgens die paramediese diens ER24 het die drie mans “ernstige brandwonde” opgedoen terwyl hulle aan ‘n kragopwekker by ‘n winkelsentrum in Alberton gewerk het.

ER24-paramedici het omstreeks 15:00 by die toneel opgedaag en die mans buite die kragopwekkerkamer gevind.

“Medici het die mans vinnig geassesseer en gevind dat hulle almal ernstige brandwonde opgedoen het,” het ‘n woordvoerder gesê.

Die drie mans is op die toneel behandel en pynstillende medikasie gegee voordat hulle na ‘n privaat hospitaal vervoer is vir dringende behandeling.

Die owerhede ondersoek die saak.

Bronne: MSN, The South African, Flipboard

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Rubberkoeëls vlieg oor betoging oor Tembisa-tariewe, kragkwessies