Errol Musk, die pa van Elon Musk, het onthul wat sy miljardêr-seun in 2018 gesê het nadat hy aangekondig het dat hy ’n kind by sy stiefdogter, Jana Bezuidenhout, gehad het.
In ‘n onderhoud met The Sun het die 76-jarige ingenieur gesê sy seun se reaksie was anders as die reaksie van sy drie dogters wat “bekommerd” was toe hy die nuus van sy eersteling saam met sy stiefdogter aangekondig het.
Errol sê toe hy aan die 51-jarige SpaceX-stigter vertel dat hy en sy stiefdogter Jana Bezuidenhout (34) ‘n babaseuntjie genaamd Elliot Rush verwelkom het, het Elon vir hom gesê hy is “regtig besig”.
“Goed, ek het dit, maar ek is nou baie besig. Ek sal mettertyd met jou praat,” het Elon vir sy pa gesê.
Errol het verlede week aan The Sun gesê hy en sy stiefdogter wat hy van vierjarige ouderdom af grootgemaak het, het in die geheim ‘n tweede kind gehad.
Die paar was glo in ‘n verhouding en het hul eerste kind, Elliot, in 2017 gehad. Die “geheime tweede kind” is in 2019 gebore en Errol het bekendgemaak dat hy nie ‘n DNS-toets laat doen het nie, maar hy twyfel nie dat die kind syne is nie, want sy lyk soos sy ander dogters.
Net soos sy seun, Elon, glo Errol daarin om die aarde se bevolking te vermeerder.
“Die enigste ding waarvoor ons op aarde is, is om voort te plant. As ek nog ‘n kind kon hê, sou ek. Ek kan geen rede sien hoekom nie,” het hy gesê.
Benewens die twee kinders wat Errol by sy stiefdogter het, het hy ook vier ander kinders verwek, waaronder drie by sy eks-vrou Maye (Elon, Tosca en Kimbal).
Hulle is in 1979 geskei. Hy is toe met Heide Bezuidenhout, ‘n jong weduwee wat reeds twee kinders, insluitend Jana, gehad het, getroud.
Die egpaar het twee kinders saam gehad.
Errol sê hoewel sy seun Kimbal oukei met die nuus van nog ‘n baba by sy stiefdogter is, hou sy dogters nie daarvan nie.
“Ek het al my kinders in kennis gestel. Ek het gesê vat dit of los dit. En my jongste seun, Kimbal, se aanvanklike reaksie was: ‘Dit gebeur’.
“My drie dogters het almal ‘Jeez’ gesê, want Jana is hul halfsuster. Tosca, Rose en Allie, Alexandra. Hulle het gevra: ‘Hoe kon Jana dit doen?’ En hulle hou steeds nie daarvan nie. Hulle voel steeds ‘n bietjie creepy daaroor, want sy is hul suster. Hulle halfsuster.”
Bronne: MSN, The South African, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Twitter dagvaar Elon Musk oor oornametransaksie van $44 miljard



