16-jarige versmoor glo driejarige sussie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tienermeisie is van strafbare manslag aangekla nadat sy glo haar sussie met ‘n kussing in Florida, Amerika, versmoor het.

Die 16-jarige se ma was glo besig met ‘n werkoproep toe die klein sussie glo te veel geraas het. Sy het die tiener gevra om haar sussie stil te maak.

Daar word volgens People beweer dat die tiener die kussing bo-oor die driejarige se kop geplaas het en toe weggestap het. Toe sy na tien minute terugkeer, het die driejarige nie gereageer nie.

Die tiener se ma het dadelik hulp ontbied en 911 gebel.

Met hul aankoms op die toneel was die driejarige bewusteloos en het nie asem gehaal nie. Sy is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas, waar sy dood verklaar is.

Dit was onduidelik of die tiener ‘n pleit op die aanklag teen haar ingedien het en of sy ‘n prokureur gekry het.

Die ma en tiener se name word weerhou weens laasgenoemde se ouderdom.