Elektrisiteitsvoorman van Sol sterf na substasie ontplof

Deel hierdie storie / Share this story

Faiek Adams, elektrisiteitsvoorman by die Sol Plaatje-munisipaliteit wat in die hospitaal opgeneem is met beserings wat hy opgedoen het toe ‘n substasie ontplof het, is oorlede.

Thoko Riet, munisipale woordvoerder, het die nuus bevestig.

Adams was drie weke gelede by die substasie in Avivaweg in Carters Glen, Kimberley, besig om saam met twee leerlingelektrisiëns herstelwerk te doen, toe die stasie ontplof het.

Daar is kort na die ongeluk met Adams na ‘n hospitaal in Bloemfontein gejaag waar hy behandeling vir ernstige brandwonde ontvang het.

Hy is Dinsdagmiddag aan longontsteking oorlede.

“Ons medelye gaan uit aan sy familie. Ons het een van ons eie verloor en sal altyd die herinneringe en sy bydrae tot die Kimberley-gemeenskap koester,” sê Riet.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel