Tienermeisie sterf tydens ‘tragiese ongeluk’ op tuimeltrein

Deel hierdie storie / Share this story

’n 14-jarige meisie is dood tydens ’n “tragiese ongeluk” op ’n tuimeltrein by ’n gewilde pretpark in die noorde van Denemarke.

Die voorval het Donderdag op ‘n rit by Tivoli Friheden in Aarhus plaasgevind, het die Deense polisie in ‘n verklaring gesê.

Volgens aanvanklike ondersoeke het die agterste deel van die Cobra-tuimeltrein (roller coaster) losgebreek en van die relings losgekom.

‘n 13-jarige seun het ook beserings aan een hand opgedoen, het die polisie gesê. Owerhede is om 12:50 CEST na die pretpark ontbied ná berigte dat verskeie mense op ‘n rit vasgekeer was.

Die park is ontruim en gesluit te midde van ‘n ondersoek na die ongeluk.

Volgens die amptelike webwerf is die 400-meter Cobra-achtbaan 25 meter hoog en bereik ‘n top snelheid van 70 kilometer per uur.

Bronne: MSN, Euronews, NBC News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Driejarige seuntjie sterf na trekker hom raakry