“Doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy is.”
Dit is vanjaar die Mandeladag-tema met ‘n fokus op die klimaat en voedselsekerheid.
In 2009, toe die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering Nelson Mandela se geboortedag op 18 Julie as Nelson Mandela Internasionale Dag verklaar het, het Madiba ‘n beroep op die mense van die wêreld gedoen om hom te eer deur hul gemeenskappe te help.
Die Nelson Mandela-stigting sal vanjaar fokus op volhoubare maniere om voedeselsekuriteit te bevorder.
Oudpres. Nelson Mandela se tuisprovinsie stap vir 67 minute en gaan mense vertel oor die klimaatskrisis en oor voedselsekuriteit praat.
Die doel hiervan is om bewus te raak van uitdagings en oplossings daarvoor te vind.
Die eerste staptog het op Saterdag 16 Junie plaasgevind in Mvezo, waar Mandela gebore is.
Dit is deur die Mandela-familie aangebied.
Vrugtebome is geplant en terreine skoongemaak.
Die tweede staptog is Maandag in Zwide, Gqeberha.



