Jennifer Lopez en Ben Affleck het in Las Vegas, drie maande na hulle verloof geraak het, die knoop deurgehak. Dit is ook 20 jaar na die akteur vir die eerste keer die groot vraag gevra het.
Die 52-jarige aktrise het op haar nuusbrief, On The JLo, intieme details oor hulle troudag gedeel.
Die nuusbrief is “Mev. Jennifer Lynn Affleck” onderteken en het ‘n klomp foto’s van die paartjie ingesluit.
“Ons het dit gedoen. Liefde is pragtig. Liefde is vriendelik. En liefde is ook geduldig. 20 jaar geduldig.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



