‘n Vrou wat vir mediese redes en ook om te ontspan dagga gerook het, is by haar werk afgedank. Sy het probeer om die afdanking teë te staan, maar die arbeidshof het nou beslis hy stem saam met die besluit.
Bernadette Enever, ‘n vrou wat sedert 2007 by Barloworld Equipment werksaam was, is by die werk afgedank omdat sy by ‘n paar geleenthede positief getoets het vir dagga wanneer haar werkgewer haar vir dwelms laat toets het.
Enever het tuis dagga gerook om met haar mediese toestand te help en ook om te ontspan. Sibusiso Dube, vennoot van die regsfirma Bowman’s, skryf Enever was “ten alle tye bewus” van die maatskappy se streng beleid oor dwelmgewoontes.
Na sy in April 2020 afgedank is, het sy probeer om die arbeidshof daarvan te oortuig dat sy onregverdig afgedank is. Sy het aangevoer dat sy dagga begin gebruik het vir haar pyn en angs en dat die voorskrifmedikasie ‘n negatiewe effek op haar gehad het.
Maar die Johannesburgse arbeidshof se regter Makosho Ntsoane het haar aansoek afgekeur, en bevind die maatskappy behandel al sy werknemers dieselfde.
Die hof het beslis dat Enever bewyse moes kon lewer dat sy dagga vir mediese doeleindes gebruik en dat sy ingevolge die streng dwelmbeleid ie onregverdig afgedank is nie.
Die regter het egter ook opgewerk dat die streng dwelmbeleid dalk persone se reg om tuis dagga te gebruik, hulle regte kan minag. – LoveableVibes, Netwerk24
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



