Ouma soek dringend na verminste kleindogter

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ouma het die gemeenskap se hulp nodig om haar vermiste kleindogter te vind.

Volgens Magda Janse van Rensburg het die 15-jarige Charlotte Croukamp op Dinsdag 5 Julie omstreeks 12:00 vermis geraak vanaf Girls Town waar sy woon, berig Randfontein Herold.

Charlotte is omtrent 1.6 m lank, weeg 55 kg en het bruin hare en blou oë.

Magda vertel die dag toe sy haar kleindogter die laaste keer gesien het – die dag toe sy verdwyn het – het sy ‘n geskeurde blou denim aangehad met ‘n maroen langmouhemp en ‘n kortmoubaadjie van swart kant bo-oor, en wit tekkies.

Hulle vermoed dat Charlotte iewers in Krugersdorp is, en hulle wil haar asseblief veilig terughê.

Enigiemand wat weet waar Charlotte is, kontak vir Magda by 084 606 4774 of Tinky by 063 440 3838.