Kapers weg met dragtige hond in motor

Deel hierdie storie / Share this story

Toline van Vuuren (62) is verpletter nadat haar voertuig met haar geliefde hond, Trixie, steeds in die voertuig, gesteel is.

Die rooi Toyota Conquest 1300 met registrasienommer FKW189GP is gister (13 Julie) omstreeks 11:00 op die hoek van Tannerstraat en Flemminglaan in Krugersdorp-Wes gesteel.

Trixie is ‘n sesjarige Pekingese en is dragtig.

Toline het vinnig stilgehou vir ‘n boodskap en vir Trixie (met water) in die voertuig gelos toe die voorval plaasgevind het.

Enigiemand met enige inligting oor die voertuig of die hond kan Toline by 079 095 3394 kontak.