Vir jare al is China die land met die meeste mense, maar Indië met sy 1,4 biljoen mense sal binnekort by China oorneem as die wêreld se digbevolkste land op Moeder Aarde.
Dit blyk uit die nuutste VN-syfers.
Hoewel die planeet teen November vanjaar reeds agt biljoen inwoners sal hê, is die bevolkingsgroei nie so snel soos voorheen nie, berig Die Waarheid.
Menslike aanwas is tans op sy laagste tempo sedert 1950 en sal na verwagting rondom 2080 ‘n spits bereik met sowat 10,4 biljoen mense. Sommige demograwe meen egter dat dit reeds vroeër kan gebeur.
Die wêreld se bevolkingsgroei brei ook oneweredig uit. Meer as die helfte van die verwagte groei in die volgende 30 jaar sal net in agt lande gebeur: die Demokratiese Republiek van die Kongo, Egipte, Ethiopië, Indië, Nigerië, Pakistan, die Filippyne en Tanzanië.



