Die sangeres Corlea Botha is verloof aan die sanger, Juandré Marais.
Hulle is al vir twee jaar ‘n paartjie.
Botha het dié nuus Donderdag op haar Instagram-blad gedeel.
Botha het bekendheid verwerf toe sy en die sanger Rudi Claase opgetree het as Rudi en Corlea.
Hierdie “lieflingsangpaartjie” se paaie het in Maart 2011 geskei, weens redes wat nie aan die publiek bekend is nie.
Botha het sedertdien ‘n sololoopbaan.




