Twee vas oor skietery in taverne in Pietermaritzburg

Deel hierdie storie / Share this story

Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir hulle vermeende betrokkenheid by ‘n skietery in ‘n taverne in Pietermaritzburg wat vier mense se lewens geëis het.

Verskeie skietvoorvalle het die afgelope naweek in onderskeidelik Pietermaritzburg, Pinetown, Katlehong en Orlando plaasgevind.

Bheki Cele, polisieminister, het die inhegtenisname van die twee verdagtes verwelkom en sê dis ‘n stap nader om die misdadigers vas te trek.

Nog niemand is in verband met die ander voorvalle in hegtenis geneem nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.