Standardbank het aangekondig dat hy sy verpligte Covid-19-entstofbeleid met onmiddellike effek teruggetrek het.
Die bank het kritiek van die groot vakbond SASBO ontvang nadat hy tientalle werknemers afgedank het omdat hulle geweier het om vroeër vanjaar die Covid-entstof te kry.
95% van die bank se werknemers is egter ingeënt. Dit is wat die bank gemotiveer het om sy beleid onmiddellik terug te trek.
Met die hersiening van sy beleid het Standardbank ‘n reeks faktore in ag geneem, insluitend die onlangse opheffing van alle Covid-19-regulasies, het die bank vandeesweek gesê.
Die maatskappy het ook die huidige stand van die pandemie in die land en die hoë inentingsyfer onder sy personeel oorweeg.
“Op 23 Junie 2022 het Lungisa Fuzile, uitvoerende hoof van Standard Bank Suid-Afrika, werknemers ingelig dat die land ‘n beduidende mylpaal bereik het in die bestuur van die Covid-19-pandemie, en dat die bank van sy veiligheidsmaatreëls en die bestaande Covid-19-beleid en -protokolle gaan hersien,” het die bank gesê.
Die terugtrekking van die beleid beteken dat dit nie meer verpligtend is vir werknemers om ingeënt te word nie.
Vir die personeel wat nie ingeënt is nie, beteken dit dat hulle nie meer ‘n negatiewe PCR of vinnige antigeentoets hoef te laat doen om die perseel te betree nie.
Dit is egter nog nie duidelik wat gaan gebeur met die personeel wat afgedank is omdat hulle nie die inenting ontvang het nie.
Bronne: MSN, The South African, Algoa FM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Standardbank aangesê om afgedankte werkers weer aan te stel na hul Covid-19-entstof weier



