Luidens ‘n verklaring ná ‘n aanlyn vergadering verlede week, het die kabinet gevra mense met onderliggende siektestoestande en dié wat siek is, moet steeds maskers dra.
“Hoewel ons die verpligting oor die dra van maskers opgehef het, moet mense steeds versigtig wees; Covid-19 is nog in ons midde,” lui die verklaring.
Die kabinet het ook bygevoeg dat die inenting die beste wetenskaplike beskerming teen Covid-19 is en moedig mense wat dit reeds gekry het aan om die opvolgdosisse te kry.
Volgens die kabinet werk die departement van gesondheid en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes saam met die Wêreldgesondheidsorganisasie om die risiko van die oordrag van aappokke te bepaal.



