Een keer per jaar, op die slaperige Karoodorp Philipstown, kom die inwoners bymekaar vir die jaarlikse Draadkar Grand Prix. Die geleentheid het selfs in die Guinness Book of Records ‘n plek as die enigste van sy soort in die wêreld!
Vusi Mbatha gaan elke jaar na Philipstown om vir die gewillige kinders ‘n draadmotorwerkswinkel aan te bied ter voorbereiding van die groot finale wedren op die dorp.
Vanjaar werk die Draadkar Grand Prix-stigter, Kay Fourie, saam met die Vrystaatse Kunskollektief, en vier kunstenaars, asook ‘n mode- en tekstiel-gegradueerde van die Sentrale Universiteit van Tegnologie. Hierdie span sal aan die kinders en tieners van Philipstown ‘n groter verskeidenheid kreatiewe vaardighede bied.

Zizicelo Sifumba, Nandipha Jantjies, Queen Cotton, Sylvester Zanoxolo Mqeku en Nkululeko Nkebe gaan volgende week na Philipstown om werkswinkels in die maak van ‘n rok, skildery en klei, asook draadbeeldhouwerk, en die verf van ‘n muurskildery aan te bied. Die vrugte van hul onderrig sal by die Grand Prix aangebied word wat op 12 November 2022 plaasvind.
Die Draadkar Grand Prix-span sê dit is vir hulle so opwindend om aan nog ‘n inspirasieprojek te werk!
Besoek gerus die volgende bladsye op instagram: www.instagram.com/philipstowndraadkarfees/
www.instagram.com/kayfourieart/ www.instagram.com/zizi_celo90/ www.instagram.com/nandijantjies_/ www.instagram.com/queencotton_won/ www.instagram.com/sylver_art_constant/ wwww.instagram.com/nkebeleko/
#kunswerkswinkels #draadkar22 #draadkargrandprix #painting #wiresculpture #claysculpture #muralpainting #dressmaking #freestateart #fsac #freestateartcollective #southafricanartists
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



