President Cyril Ramaphosa het ontken dat hy “aanspreeklik is vir die Marikana-slagting”, en gesê ‘n onlangse hofuitspraak het hom in vier gevalle van direkte verantwoordelikheid vir die tragedie wat in Augustus 2012 plaasgevind het, vrygespreek.
In ‘n verklaring wat Maandag deur sy kantoor uitgereik is, het Ramaphosa gesê die tragiese gebeure by Marikana wat gelei het tot die dood van 34 mynwerkers en 10 wetstoepassers in Augustus 2012, bly een van die mees ontstellende oomblikke in die land se demokratiese bedeling en ‘n klad op die eietydse geskiedenis.
“Tien jaar later gaan ons harte steeds uit na gesinne wat hul geliefdes verloor het. Die geweld en moorde moes nie gebeur het nie. Ons is steeds vasberade en toegewyd in ons veroordeling van die wrede moorde … ons het gesien,” het Ramaphosa in die verklaring gesê.
Ramaphosa sê die verpolitisering van die tragedie het gelei tot die onbillike teiken en geïsoleerde toewysing van verantwoordelikheid aan hom terwyl baie ander probeer het om ‘n wanindruk te skep dat hy verantwoordelikheid vir die slagting dra.
Hy sê hy verwelkom die uitspraak deur die hooggeregshof en sê die hof het geen bevindinge gemaak dat hy die oorsaak van skadelike gedrag is nie, en voeg by dat dié hof hom skoongemaak het van bewerings dat hy enige regsplig dra rakende die Marikana-tragedie.
“Die verrigtinge was nie ‘n verhoor nie en geen getuienis is gelei nie. Die hof was bloot gewikkel in ‘n regsdebat oor of die eisers se bewerings aan die wet voldoen. Tweedens het die hof die eisers se argumente verwerp dat sekere e-poskommunikasie van die president probeer (om) te vra vir (die) moord op stakende werkers. Die uitspraak het verklaar dat die eisers se argumente teen die president ‘nie net vergesog is nie, maar ook onversoenbaar binne die konteks van die e-poskommunikasie-inhoud as geheel’…“
Ramaphosa het verder gesê die hooggeregshof het saamgestem dat daar geen feitelike grondslag is vir die bewerings dat daar sameswering tussen hom en die regering sowel as senior polisie was wat tot die moord op die mynwerkers gelei het nie.
Oor die bewerings dat hy ‘n plig het om vir die eisers te sorg weens die feit dat hy ‘n direkteur van Lonmin was, het Ramaphosa gesê op hierdie punt stem die hooggeregshof met hom saam dat hierdie bewerings ook nie korrek is nie.
Bronne: MSN, The Star, Times LIVE
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



