Een in hegtenis oor besigheidsrooftog

Deel hierdie storie / Share this story

Die Valke het Maandag ‘n 28-jarige verdagte in verband met ‘n besigheidsrooftog in hegtenis geneem.

Die polisie sê twee onbekende verdagtes het ‘n poskantoor-tak in Mankurwaneng binnegegaan en ‘n vuurwapen op die werknemers gerig. Hulle het ook glo ‘n bedrag van R230 000 gesteel.

Gemeenskapslede het die verdagtes agternagesit en een verdagte vasgetrek. Die verdagte is met ‘n bedrag van R110 000 in sy besit gevind.

Maj.-genl. Kholekile Galawe het die gemeenskapslede vir hulle bystand bedank.

Die verdagte sal môre in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.