Twee jong meisies is dood nadat hulle die blackout-uitdaging op TikTok gedoen het.
Luidens die Daily Mail is Lalani Erika Walton (8) en Arriani Jaileen Arroyo (9) albei dood nadat hulle met dié uitdaging geëksperimenteer het.
Hulle het glo ure na video’s oor die uitdaging, wat deur TikTok se algoritme aan hulle gewys is, gekyk.
Nadat die hofaksies Vrydag gesamentlik in die hooggeregshof in Los Angeles ingedien is, word TikTok nou deur regsgedinge oor onregmatige dood in die gesig gestaar.
Die blackout-uitdaging is glo die nuutste uitdaging op dié platform.
Dit daag gebruikers uit om te kyk hoe lank hulle hul asems kan ophou. Die uitdaging kan tot selfverwurging en die dood lei.
Volgens die Daily Mail is Lalani in haar slaapkamer gevind waar sy “van haar bed met ‘n tou om haar nek gehang het,” terwyl Arriani aan ‘n hondeleiband in die huis se kelder gehang het.



