Polisielede het Maandagoggend gesteelde koperkabels ter waarde van R200 000 in Newlands gekonfiskeer ná ‘n ongeluk tussen twee voertuie.
Kapt. TJ de Bruyn, polisiewoordvoerder, sê die polisie het die gesteelde koperkabels in Newlands, wes van Johannesburg, gevind.
“Polisielede het reageer op die ongelukstoneel in Newlands,” sê De Bruyn. “Beide bestuurders van die voertuie het glo van die toneel gevlug. Die een het in sy voertuig weggery en die ander het te voet gevlug.”
Die polisie het later die gesteelde kabels in die verlate voertuig gevind.
Die polisieondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



