Emma Watson is op sosiale media gekritiseer nadat bronne na aan die aktrise gesê het sy is nie bereid om na die Harry Potter-franchise terug te keer as JK Rowling by die projek betrokke is nie.
Emma Watson (32) het glo die besluit geneem na aanleiding van omstrede opmerkings wat Rowling (56) oor die transgemeenskap gemaak het.
Baie het die aktrise gekonfronteer omdat sy stilgebly het oor haar jarelange vriend Ezra Miller, wat saam met haar in die 2012-rolprent Perks of Being a Wallflower gespeel het. Miller (29) is glo op vlug met die 18-jarige aktivis Tokata Iron Eyes nadat haar ouers haar daarvan beskuldig het dat sy hul dogter sedert die ouderdom van 12 “voorberei” (groom) het.
Die tiener se ouers – Chase Iron Eyes en Sara Jumping Eagle – het ‘n beskermingsbevel gekry teen Miller, maar dit is steeds nie op The Flash-ster bedien nie, want niemand weet waar sy en Tokata Iron Eyes hulle bevind nie.
Giant Freaking Robot het in ‘n verslag onthul dat “betroubare en bewese bronne” beweer het die aktrise sal slegs terugkeer na die franchise as die skrywer, wat die reeks geskep het, op geen manier betrokke is nie.
“Hoewel die redes waarom Watson geweier het om terug te keer na die Wizarding World terwyl JK Rowling betrokke is, nie heeltemal gespesifiseer is nie, sou ‘n rede kon wees hoe omstrede die skrywer en haar sosiale opinies die afgelope jare geword het,” het GFR berig.
“Ons moet spekuleer dat JK Rowling se baie openbare, baie luide en baie konstante kommentaar oor die regte van transgender mense in die Verenigde Koninkryk (en in die breë wêreld) gemaak het dat Watson nie besonder gewillig was om verder met haar geassosieer te word nie.”
Watson se besluit het egter nie al die Harry Potter-aanhangers gepas nie, van wie sommige gesê het sy het haar toneelspelloopbaan aan Rowling te danke.
Ander het die aktrise gekritiseer omdat sy nie Miller, wat omgewe is deur bewerings van grooming en ontvoering, veroordeel het nie.
Dit is nie die eerste keer dat Watson haar klaarblyklik van Rowling distansieer nie. Sy het vroeër vanjaar ‘n opmerking by die BAFTA’s gemaak wat baie aangeneem het was op die bekroonde skrywer gerig.
Toe Watson op die verhoog kom om ‘n toekenning te oorhandig, het mede-akteur Rebel Wilson geskerts dat eersgenoemde “haarself ‘n feminis noem, maar ons weet almal sy is ‘n heks.”
Watson het toe bygevoeg: “Ek is hier vir al die hekse,” ‘n opmerking wat deur baie beskou word as ‘n stilswyende meningsverskil met Rowling se oortuigings oor transgender individue.
Bronne: Meaww, Mirror
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



