Ontmoet die 10 nuwe boere

Deel hierdie storie / Share this story

Die 15de seisoen van die werklikheidsprogram, Boer soek ‘n Vrou, het Sondagaand begin.

Onder vanjaar se deelnemers is nege mans en een vrou met die hoop om hul pasmaats te kry.

Die boere is tussen die ouderdom van 26 en 50 jaar en kom uit ses verskillende provinsies.

Die model en motiveringspreker, Marciel Hopkins-Lourens, bied vir die derde agtereenvolgende jaar dié reeks aan wat vanaf Januarie uitgesaai gaan word.

Belangstellendes het nou die kans om vir hul boer wat hul oog gevang het, te skryf.

Inskrywings sluit op 28 Julie 2022.

Hier is die 10 boere: