Jayland Walker: Ohio-polisie stel video vry van dodelike jaagtog

Deel hierdie storie / Share this story

Die Amerikaanse polisie het ‘n video vrygestel van ‘n jaagtog in Akron, Ohio, wat geëindig het in ‘n swart man wat doodgeskiet is toe hy meer as 60 keer agtervolgens deur beamptes getref is.

Die polisie glo Jayland Walker (25) het eerste losgebrand en beamptes het glo vir hul lewens gevrees tydens die nagtelike verkeersinspeksie op 27 Junie.

Walker was nie gewapen toe hy van sy motor af weggehardloop het nie, maar die polisie sê ‘n pistool is later in die motor gevind.

Dave Yost, staatsaanklaer-generaal, het ‘n “volledige, regverdige en kundige ondersoek” deur die Ohio-buro vir kriminele ondersoek beloof terwyl die Akron-polisie ‘n aparte interne ondersoek hou oor of beamptes departementele reëls of beleid oortree het.

Die agt beamptes wat by die skietery betrokke was, van wie sewe wit en een swart is, is op betaalde administratiewe verlof geplaas.

’n Prokureur vir Walker se familie het gesê beamptes het aanhou skiet selfs nadat hy op die grond was.

Jayland Walker se motor is Maandag 27 Junie om 00:30 vir ‘n roetine verkeersinspeksie gestop.

‘n Skoot is uit die motor gehoor en ‘n verkeerskamera het wat na ‘n snuitflits gelyk het vasgevang, het Steve Mylett, Akron-polisiehoof volgens die Associated Press-nuusagentskap gesê.

Polisieliggaamskameras wys hoe ‘n persoon in ‘n ski-masker uit die motor klim en na ‘n parkeerterrein hardloop. Hy word sowat 10 sekondes deur beamptes agternagesit voordat hulle losbrand.

Een beampte het eers probeer om ‘n skokgeweer te gebruik, maar dit was onsuksesvol, sê die polisie.

Benewens die pistool wat met ‘n gelaaide magasyn op ‘n sitplek in die motor gevind is, is ‘n koeëldop wat by die wapen pas, naby gevind, sê die polisie.

Familieprokureur Bobby DiCello het gesê die polisie het op Walker geskiet, selfs toe hy op die grond was. Hulle het hom geboei voordat noodhulp verleen is.

Bronne: BBC, CNN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Eskom maan inwoners van Soweto oor voorafbetaalde meters