Maalvleisbolletjies met spekhappies

Deel hierdie storie / Share this story

Is jy altyd op soek na ‘n lekker peuselhappie terwyl jy braai?

Hierdie sosatiestokkie is ‘n lekker happie wat jou nie te vol sal maak nie. Jy kan daaraan smul terwyl die vuur brand.

Bestanddele

500 g maalvleis
1 groot gebraaide ui of 1 rou gerasperde ui
2 snye geweekte brood in melk (uitgedruk) of 2 aartappels grof gerasper
‘n handvol hawermout
1 eier
2 eetlepels gekapte pietersielie
1 fyngekapte knoffelhuisie – of ½ t knoffelvlokkies (opsioneel)
1 t kerrie
1 e asyn
1 t sout
½ t bakpoeier

Metode

Meng alles saam en rol in klein bolletjies.
Draai die spek om die maalvleisbolletjies en ryg op sosatiestokkies.

Smeer die spek met Jimmy-sous.

Jy kan ‘n lekker soetrissiesous as doopsous bedien.

Bron: Jan braai