Soveel as 70 mense is Saterdagaand in ‘n veelvoertuigongeluk op die N1 naby Garsfontein beseer.
Volgens Pretoria Rekord was daar glo 12 voertuie, insluitend ‘n bus, by die ongeluk betrokke en ongeveer 70 mense het beserings wat wissel van gering tot kritiek,” het Kyle van Reenen van Emer-G-Med gesê.
‘n Mediese helikopter is gestuur om 18 kritieke pasiënte, insluitend ‘n baba, na die hospitaal te vervoer, sê Michael Gough van Pro-Med.
“Die pasiënte van die bus is beseer, maar is nie na die hospitaal vervoer nie,” het hy gesê.




