Breyton Paulse se ma en tannie verdrink

Deel hierdie storie / Share this story

Die oud-Springbok, Breyton Paulse, se ma en haar suster het in Hermanus by die hawe verdrink, berig Netwerk 24.

Hy het glo dié nuus per WhatsApp aan Netwerk 24 bevestig en gevra dat mense asseblief vir sy familie moet bid.

Setta Visagie, Paulse se ma, en haar suster, Marie Galant, het na bewering Sondag omstreeks 15:00 verdrink toe hulle deur branders omgeslaan is.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut het nooddienste glo die vroue uit die water gehaal en hulle probeer bybring. Hulle is na die NSRI geneem waar hulle dood verklaar is

Die polisie ondersoek die voorval.