MyCiTi-bus beland bo-op motor

Dit is nog onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het.

‘n MyCiti-bus het Donderdag omstreeks 18:15 bo op ‘n motor in Kaapstad beland.

Drie mense is in die voorval, wat in Nelson Mandela-boulevard plaasgevind het, beseer.

Volgens Rob Quintas, burgermeesterkomiteelid vir stedelike mobiliteit, word die voorval deur sy departement ondersoek. Dit is nog onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het.

“Sodra ons meer besonderhede het, sal ons die publiek inlig.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.