Die Diamantveld-matrieks is besig om geld in te samel as deel van mnr. en mej. Diamantveld.
Dié skool doen dit anders, deurdat leerlinge self projekte aanpak om die gemeenskap te help.
Dolf Hohls en Melainé Fourie doen ’n gemeenskapsprojek vir Caritas, ten bate van Jannie Roux-kinderhuis in Barkly-Wes.
“Ons vra graag u hulp om ’n verskil te maak in die lewens van 85 kinders, tussen die ouderdomme van 4 en 18 jaar,” sê Dolf.
Die twee bere, Danny en Sandy, die reisende teddies, is reisende bere wat van onderneming tot onderneming gaan om die benodighede in te samel.
Melainé sê die volgende items word benodig: klere en skoene, komberse en beddegoed, kos en sanitêre ware, speelgoed en speletjies, asook finansiële bydraes.
“Ons kan nie almal groot dinge doen nie, maar ons kan klein dinge doen met groot liefde. Ons het nog tyd tot die 19de Julie.”
As jy wil bydra, kan jy Melani Fourie by 073 291 5255.

Volg ook die bere se reis op Instagram by Dolf_en_Melaine.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



