Jou basiese winkeltrollie kan nou R4 688 meer p.m. kos

Die indeksdata kom van 44 supermarkte en 30 slaghuise in Johannesburg, Durban, Kaapstad, Pietermaritzburg en Springbok.   

Volgens die huishoudelike bekostigbaarheidsindeks (HBI), wat maand-tot-maand deur die Pietermaritzburg Economic Justice & Dignity Group (PMBEJD) op sy webtuiste bekendgestel word, het die prys van kruideniersware, van melk tot eiers, so gestyg dat maandelikse uitgawes vir jou gesin tot R4 688 meer kan wees.

Die gemiddelde koste van die huishoudelike kosmandjie het in ‘n maand met R78,92 (1,7%) toegeneem, vanaf R4 609,89 in Mei 2022 tot R4 688,81 in Junie 2022, weens ‘n algehele styging in voedselkostes, deur stygende brandstofpryse en ander faktore veroorsaak.                                                                                                                                   

‘n Skerp styging in kospryse regoor die spektrum in alle gebiede regoor die land word vanaf Junie 2022 ervaar.                                                                                                                                      

Maand-tot-maand: Die gemiddelde koste van die voedsel wat eerste in die huishoudelike kosmandjie geprioritiseer en gekoop is, het met R81,89 (3,3%) van R2 478,42 in Mei 2022 tot R2 560,31 in Junie 2022 toegeneem.

Jaar-op-jaar: Die gemiddelde koste van die voedsel wat eerste in die huishoudelike kosmandjie geprioritiseer en gekoop is, het met R320,17 (14,3%) van R2 240,15 in Junie 2021 tot R2 560,31 in Junie 2022 toegeneem.

Dié huishoudelike bekostigbaarheidsindeks (HBI) word maand-tot-maand sedert 2018 elke maand geneem en gepubliseer.      

Die indeksdata kom van 44 supermarkte en 30 slaghuise in Johannesburg, Durban, Kaapstad, Pietermaritzburg en Springbok.         

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.