Seuntjie (3) van Jan Kempdorp vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Jan Kempdorp is dringend op soek na ‘n driejarige seuntjie, Buti, wat Dinsdag vermis geraak het.

Lt.-kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Botlhale Lyolo Gedene (3) het Dinsdagmiddag om 14:00 nog saam met sy driejarige niggie voor hulle huis in Valspan op Jan Kempdorp gespeel.

“Die voorval is Woensdag 29 Junie aan die polisie gerapporteer en die polisie, gemeenskapslede en ander relevante rolspelers is tans op soek na die seun.”

Buti het ‘n swart-en-grys baadjie, ‘n maroen T-hemp en ‘n blou denim aangehad.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 078 032 5291 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.