R. Kelly 30 jaar tronkstraf opgelê vir seksaanklagte

Die 55-jarige R&B-ster, R. Kelly, wat al ‘n geruime tyd beskuldig word daarvan dat hy minderjariges seksueel misbruik, is tot 30 jaar vir sekshandel en rampokkery gevonnis.

Volgens sy prokureurs gaan hy appelleer.

‘n Jurie het die kunstenaar in September 2021 in New York skuldig bevind aan rampokkery en sekshandelmisdade wat oor drie dekades in die musiekbedryf gepleeg is.

Robert Kelly (sy volle naam) het reeds byna drie jaar agter tralies deurgebring, terwyl die hofsaak ontvou het.

In die tydperk wat hy in die tronk was, was hy in ‘n geveg met ‘n mede-gevangene. Hy het ook vroeër vanjaar Covid-19 opgedoen.

Hy word tans deur afsonderlike kriminele aanklagte in drie ander afsonderlike sake in die gesig gestaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.