Ondersoek na taverne-tragedie duur voort

Deel hierdie storie / Share this story

Die oorsaak van die dood van 21 minderjariges is nog nie bekendgemaak nie. So sê brig. Tembinkosi Kinana na die taverne-tragedie wat Suid-Afrikaners geruk het en selfs oorsese media se aandag getrek het.

“Die Oos-Kaapse polisie is bekommerd oor die gerugte wat spekuleer wat die oorsake is van die taverne-tragedie wat Sondagoggend in Scenery Park in Oos-Londen plaasgevind het.

“Soos ons duidelik vroeër gesê het, is forensiese ondersoeke nog aan die gang om vas te stel wat die oorsaak van die 21 minderjariges se sterftes was.”

Brig. Kinana sê die polisie het reeds die toneel goed deursoek en daar is ook nadoodse ondersoeke gedoen op die liggame van die oorledenes.

Hy sê totdat die forensiese laboratorium se ondersoek voltooi is, moet enige inligting as vals en misleidend hanteer word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.