Die Kagiso-polisie doen ‘n beroep op die publiek om hulle te help om die ma van ‘n baba, wat verlate agter die Shell-garage in Gebastraat in Kagiso gelos is, te vind.
Die polisie is gekontak nadat inwoners van Hospital View en Uitbreiding 6 ‘n baba in die area hoor huil het.
Die baba, wat vermoedelik tussen die ouderdom van een en drie maande oud is, was in ‘n kombers toegedraai.
Die polisie en plaaslike maatskaplike werkers het gevra enigiemand met inligting moet hulle kontak by 011 696 9000/ 59/ 65/67.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



