17-jarige neem pa se vuurwapen skool toe

Die seun is in die sorg van sy ouers geplaas en sy pa is op waarskuwing vrygelaat.

‘n Pa van KwaZulu-Natal is gearresteer en van nalatigheid aangekla nadat sy 17-jarige seun ‘n vuurwapen skool toe geneem het.

Na verneem word, het die seun verlede week die sleutel van die vuurwapenkluis by hul huis in Mtubatuba gesteel.

Beamptes is die volgende dag na die skool ontbied nadat hy met die wapen gevind is. Niemand is beseer nie.

Die polisie sê die tiener is in hegtenis geneem en van die onwettige besit van ‘n vuurwapen aangekla.

Hulle het albei Vrydag in die hof verskyn.

Die seun is in die sorg van sy ouers geplaas en sy pa is op waarskuwing vrygelaat.

Maatskaplike werkers is ook by die saak betrokke.

“Ons wil by al die ouers wat wapens het, pleit om hulle veilig te hou, weg van die kinders en dat ouers moet luister na wat ook al hulle aan hulle rapporteer,” sê Muzi Mahlambi van KZN Education.

“Dit is dalk ‘n geringe kwessie vir jou as ouer, maar die blote feit dat jou seun of dogter daardie kwessie in die vorm van ‘n boelie aan jou rapporteer, beteken dat dit vir die kind kommerwekkend is omdat ons nie ‘n slagoffer wil hê nie.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.