Lede van die reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) is op soek na ‘n verdagte wat na bewering Dinsdag ‘n 20-jarige vrou in ‘n bos in die Buffelsdraai-omgewing, net noord van Durban, verkrag het.
Volgens Rusa het ‘n werknemer van Durban Solid Waste (DSW) gesien hoe die verdagte die 20-jarige vrou in ‘n bos insleep.
Die DSW-werknemer het aan Rusa gesê die man was gewapen met ‘n panga. Toe Rusa-beamptes op die toneel kom, het hulle ‘n skare mense gesien wat na die vrou probeer soek het. Hulle kon glo haar om hulp hoor skree terwyl die man haar deur die digte plantegroei gesleep het waar sy pas verkrag is.
Die 18 beamptes wat die verdagte gejag het, het die slagoffer betyds gevind.
“Haar gille om hulp het skielik opgehou. Daar is vermoed dat die verdagte die vrou vermoor het. Agtien reaksiebeamptes het ‘n gekoördineerde soektog in die gebied begin toe die verdagte en die slagoffer ‘n paar honderd meter verder opgemerk is.
“Die man het verder in digte plantegroei gevlug toe hy Rusa-lede sien nader kom. Die slagoffer het bevestig dat sy verkrag is. Die verdagte het haar daarna gevra om hom te volg,” het Rusa gesê.
Sy het aan beamptes gesê sy glo die man het probeer om haar dood te maak.
Bronne: MSN, Headtopics
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



