’n KwaZulu-Natalse leerling wat weens haar tradisionele drag uit die skool geskors is, maar later toegelaat is om terug te keer nadat die onderwysdepartement ingegryp het, het haar lewe beëindig.
Die provinsiale onderwysdepartement het Dinsdag gesê hy is hartseer oor die nuus van die dood van die 15-jarige leerling van Nombika High in die iLembe-distrik.
Die leerling is glo geskors oor tradisionele drag wat sy moes dra weens haar voorvaderlike roeping. Volgens die departement het die leerling al haar Junie-eksamen geskryf.
“Die departement het nie vasgestel wat daartoe gelei het dat sy die besluit geneem het om haar eie lewe te beëindig nie. Die iLembe-distriksdirekteur het ‘n span na haar familie gestuur om die omstandighede rondom haar ontydige dood vas te stel,” lui dit.
Bronne: Sowetan LIVE, ECR
Enigiemand wat gedagtes van selfdood het, kan die Suid-Afrikaanse selfmoord-krisislyn by 0800 567 567 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Privaat sekuriteitsfirma jag panga-swaaiende man wat vrou verkrag het



