Paul Walker se dogter, Meadow, onthul dat sy ‘n aborsie gehad het

Deel hierdie storie / Share this story

Die 23-jarige Meadow Walker, die dogter van die Fast and Furious-ster Paul Walker, het op Vrydag 24 Junie op Instagram onthul dat sy ‘n aborsie gehad het, te midde van die Amerikaanse Hooggeregshof se besluit om die uitspraak in die saak Roe vs. Wade, wat aborsie tot ‘n grondwetlike reg verklaar het, na byna 50 jaar tersyde te stel.

Sy het verduidelik dat sy ‘n aborsie wou hê toe sy gedink het die wêreld is besig om om haar in duie te stort.

“Ek het ook met die keuse gesukkel, maar in 2020, toe die wêreld tydens die pandemie in duie gestort het, wou ek ‘n aborsie hê,” het sy geskryf.

“Vandag is ‘n groot terugslag in die geskiedenis – ‘n diepgaande onreg teenoor vroue regoor die Verenigde State. Daar is talle vroue wat gesukkel het om die besluit te neem om ‘n aborsie te ondergaan,” het sy voortgegaan.

Meadow het verduidelik dat ‘n dokter haar veilig daardeur gehelp het, maar vroue het vorentoe dalk nie meer die geleentheid tot ‘n veilige beëindiging van ‘n swangerskap nie.

“Ek was gelukkig genoeg om ‘n wonderlike dokter te hê wat my deur die aftakelende proses ondersteun het – met sy hulp kan ek die gelukkige en gesonde mens wees wat ek vandag is. Om te weet dat meer vroue nie die geleentheid sal hê om ‘n veilige beëindiging van ‘n swangerskap te hê en hul liggame eerste te stel nie, is absoluut hartverskeurend,” het sy bygevoeg.

Meadow is in 2021 met die akteur Louis Thornton-Allan getroud. Aborsie was vir ongeveer 50 jaar ‘n regspraktyk in die Verenigde State.

Dit was die veronderstelling dat vroue kan kies wat hulle met hul liggame wil doen. State het egter nou die mag om hul eie wette oor aborsie deur te voer.

State soos Louisiana, Missouri, Suid-Dakota, Arkansas en Kentucky het reeds aborsie verbied, berig Page Six.

Bronne: MSN, Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Regter blokkeer Louisiana se aborsie ‘snellerwet’